The Vorster's and family History
Your Family's Journey Through Time
Matches 1,901 to 1,950 of 4,905
| # | Notes | Linked to |
|---|---|---|
| 1901 | hvk 13.9.1967 | Family: Stephanus Erasmus Albertus Vorster / Sophia Katrina Meyer (F6751)
|
| 1902 | hvk 17.11.1979 | Family: Jacobus Francois Vorster / Brigitte Rose-Marie Zacharie (F6721)
|
| 1903 | hvk 3.12.1973 | Family: Petrus Johannes Vorster / Hilletjie Aletta Schoonraad (F10189)
|
| 1904 | hvk 30.12.1980 | Family: Jan Hendrik Vorster / Aletta Catharina Liebenberg (F10204)
|
| 1905 | hvk 7.11.1995 | Family: Vernon Vorster / Hester Carstens (F6695)
|
| 1906 | Hy en Koekemoer is nie teenwoordig by die doop van een van hulle kinders nie.Was hy Erasmus Albrtus Stephanus? V215 | Vorster, Stephanus Erasmus Albertus (I688)
|
| 1907 | Hy was 71 jaar oud toe hy met die 21 jarige Anna getroud is. V534 | Vorster, Johannes Petrus (I312)
|
| 1908 | Hy doen op 8 April 1904 aansoek dat sy Vrou en kind herbegrawe word. | Jordaan, Louis (I569)
|
| 1909 | Hy en sy broer Louw Jacobus is op dieselfde dag oorlede - "Killed in a fight on Paardefontein on 5 Sep 1901". Deur verraaiers weggegee aan die Engelse. MOOC6/9/438 bls 3884(Kaap) | Vorster, Stephanus Hendrik (I1282)
|
| 1910 | Hy is gedoop deur Johannes Petrus Vorster en Hester Elisabeth Botha | Vorster, Petrus (I4859)
|
| 1911 | Hy is op 15 Sep 1947 ongeskik verklaar om sy eie sake te reel, en is opgeneem in `n gestig vir sielsiekes. Hy is op 31 Mar 1954 ontslaan.Geen kinders. | Vorster, Barend Johannes (I5854)
|
| 1912 | Hy staan alleen om gedoop te word-sonder ouers of doopouers. | Vorster, Jacobus Adriaan (I3204)
|
| 1913 | Hy verskyn vir die eerste keer op Graaff Reinet se Opgaafrolle in 1805,wat aantoon dat hy 1 perdewa,1 perd en 40 bokke besit.In 1807 het hy 5 beeste,12 skape en 8 bokke. In 1810 word hy weer gelys op die opgaaf as die eienaar van 10 beeste,123 skape en 60 bokke. Hy woon in die agter Sneeuwberg distrik. In 1812 is hy getroud,het 1 seun ,20 beeste,264 skape en 40 bokke. In 1813 se opgaaf, gerfinaliseer tussen 1 Februarie en 9 Maart 1814, het hy 1 seun,34 beeste,250 skape en 30 bokke - woonplek dieselfde. In 1814 - 1 seun,28 beeste,106 skape, 20 bokke en hy woon in Tarka distrik. In 1815 - 1 seun, 1 dogter,35 beeste,200 skape en 14 bokke, en hy is terug in agter Sneeuwberg. In 1816 - 33 beeste,240 skape en 60 bokke. In 1817 - 2 seuns, 1 dogter,28 beeste,307 skape en 109 bokke. In 1818 - 3 seuns,1 dogter,13 perde,32 beeste,360 skape en 130 bokke. In 1819 - 3 seuns, 1 dogter, 50 beeste,400 skape wn 172 bokke. In 1820 - 4 seuns, 1 dogter,63 beeste,420 skape en 180 bokke.(Pieter Johannes Vorster gebore) Op 3 Februarie 1821 vra hy "die ewigdurende erfpag op de Kuyperskraal, gelegen aan de Osvontyn op`t Nieuweveldt", distrik Beaufort in die veldkornetskap van A J Vorster.(GR1 13/16 Part 2) Dit is nie duidelik of hy die reg verkry het nie. In 1822 - 4 seuns, 2 dogters,14 perde,49 beeste,605 skape en 65 bokke. In 1824 - 4 seuns, 3 dogters, 2 waens,5 perde,25 beeste,400 skape. Op 2 Aug 1827 maak JHV en Sophia `n testament wat hulle onderteken op "Sterrenberg Spruit". Op 31 Maart 1837 doen Johannes Vorster aansoek (en verkry) `n toekenning op die plaas Hartebeesfontein 173, groot 3401 morg in die veldkornnetskap Brak Rivier, distrik Albert.Op dieselfde datum verkry Jacobus Vorster regte op die aangrensende plaas Rietfontein 174 groot 3736 morg ook in die distrik.(QRR 9; Somerset East Quitrents Vol 7 folio 37 en 38) Hierdie Jacobus is heelwaarkynlik JHV se jonger broer. Hy verkoop die plaas aan Adolph Mosenthal op 10 Sep 1851 vir £1068-0-0 (T1471, 15.9.1852) (Hierdie twee plase is te sien op kaart Queenstown 3126 by 31 grade 03 min Suid en 26 grade 14 min Oos) Hy is oorlede as `n wewenaar op die plaas "de Kraal over Kraai River division of Aliwal" Noord oud 71 jaar 9 mnde 27 dae op 19 Oktober 1860 volgens sy doodsertifikaat. Plaas is " De Kraal 146 " distrik Lady Grey, oorkant en aangrensend aan die Kraai Rivier op Kaart Aliwal Noord 3026, 27 grade 08 min Oos en 30 grade 52 min Suid (Akteskantoor,Kaapstad) : Die plaas van 1627 morg word getoon as behorende aan Barend Johannes Vorster sedert 1 Sep. 1851, ( gegee aan hom as`n "grant"- Albert Quitrents Vol. 2 Part 3 bls 88) en hy dra op 22 Mei 1864 oor aan Alewyn Louis Vorster,een helfte; op 15 Okt 1864 dra ALVorster sy deel oor aan WJ van Heerden. Op 2 Mei 1872 verkoop BJ Vorster sy helfte aan ene TN Bowrie. Kaapse Argief : Sy testament van 19 April 1858 opgestel in Burgersdorp,stel Willem Abraham van Dyk aan as Eksekuteur,meld sy 15 kinders en toon dat hulle reeds hulle moedersdeel ten bedrae van 253 riksdalers,1 schelling en 1 stuiwer van Sophia de Meyer ge-êrf het.Sy laaste testament, geskryf op 2 November 1858 toon dat hy (toe) woonagtig was op Erf No 53, Burgersdorp, Distrik Albert. Teen die tyd was sy tweede vrou ook reeds dood , sowel as twee van sy dogters tw. Aletta Susanna en Anna Christina. Uit die Testament blyk dit dat hy15 kinders gehad het. Die testament verdeel alles onder die 13 kinders plus die kinders van Aletta en die kind van Anna.( Martha Aletta is waarskynlik dood voordat sy gedoop was.) Hy benoem op 16 Januarie 1860 sy skoonseun Johannes Jacobus Vorster, Barendzoon, as Ekseketeur van sy boedel omdat sy seun Johannes Hendrik Vorster nie kans sien daarvoor nie.( Na die dood van Sophia op 6 Mei 1843 op Hartebeesfontein 173 in die Burgersdorp distrik is hy op 4 Maart 1844 op Colesberg weer getroud met Magaretha Aletta van Zyl wat ook oorlede is op 27 Mei 1858 in Burgersdorp) Op 15 September 1851 maak die regering `n "grant" van die Plaas Strydpoort 152, groot 2260 morg aan Johannes Hendrik Vorster (Albert Quitrents Vol. 2 Part 3 bls. 116) . Op 29 April 1863 gaan `n gedeelte van 522 morg na Johannes Jacobus Vorster. Op 16 November1868 verkoop JHV die balans van 1737 morg aan ene Gabriel Nel. (Die plaas Strydpoort 152 grens aan De Kraal 146) (Hierdie JHV was skynbaar sy seun ,gebore in 1818 en Johannes Jacobus kan JHV de Oude se skoonseun wees (seun van sy jonger broer Barend Johannes),getroud met sy dogter Sophia Aletta Jacoba) | Vorster, Johannes Hendrik (I11)
|
| 1914 | Hy was `n oujongkerel. | Family: Jacobus Adriaan Vorster / Elsie Magdalena van Rooyen (F2265)
|
| 1915 | Hy was `n wewenaar toe hy met haar getrou het. Gebore 30 April 1847? | Vorster, Pieter Johannes (I2151)
|
| 1916 | Hy was `n wewenaar. | Family: Roelof Louis Vorster / Anna Christina Jacoba Adriana Vorster (F554)
|
| 1917 | Hy word nie genoem in SK van John Harold T269/43 nie. Jonk oorlede? | Vorster, Jan Harm (I12527)
|
| 1918 | hy xx Gladdis NN. | Hough, Andries Petrus (I22634)
|
| 1919 | I have found marriage certificates of her two marriages. One lists her name as Mary Elizabeth Vorster( married to H Viljoen), the other as Maria Elizabeth Wilemina (divorced and married to AE Kirkup). | Vorster, Mary Elizabeth (I27024)
|
| 1920 | ID number 404113350W K84/73 | Vorster, Barend Johannes (I4367)
|
| 1921 | In 1743 doen Pieter Gous aansoek vir weidingsregte op die plaas "de Kleyne Valley gelee over die Olifantsrivier " (RLR 43 / 3 bls 214) In 1755 doen hy aansoek vir huurpag op "Rietvalley , gelee over die Olifantsrivier"welke plaas hy verlaat op 25 April 1784 (of 1786) (RLR 43/7bls106) KAB MOOC 8/5.4/16 Ek spekuleer dat sy ouers Andries en Johanna was. De Villiers en Pama toon sy ouers as "onbekend",(en geen kind met die naam vir Andries en Johanna nie) en SAG Vol 2 het hom op die verkeerde plek. Hierdie was sy tweede(?) huwelik. | Gous, Pieter (I291)
|
| 1922 | In die Tulbagh Doodsregister staan geskrywe : " Oorlede op 13 Maart 1770, Elisabeth Lubbe,Wed. Vorster " Dit word vermoed dat sy binne die Kerk op Tulbagh begrawe is. Daar is egter geen rekords nie. Juanita, werksaam by die museum sê dat almal (behalwe mense wat op plase begrawe is) gedurende die periode 1743- 1773 binne in die kerk begrawe is. Sy was die enigste van die Lubbe kinders wat niks by haar pa Barend ge-erf het nie. Sy was ook die moeder van Elisabeth Bruins, gedoop in Tulbagh op 01 April 1731 ("de Vader onbekend") Elisabeth Bruins trou op 20 Maart 1748 met Matthias Taute van Oldenburg - soldaat,boukneg & onderwyser, burger van Stellenbosch 1747, oorlede op 23 November 1773. | Lubbe, Elisabeth (I2)
|
| 1923 | In die Doop register staan " de moeder dood" | Vorster, Isaac David (I1412)
|
| 1924 | In die doopregister staan " de moeder dood" | Vorster, Olof Abraham (I819)
|
| 1925 | In die doopregister staan "onecht". | Vorster, Jacoba Sophia Alberta (I21948)
|
| 1926 | In die indienskontrakte wat Jan opgestel het toon hy aan dat hy van Bern in Switzerland afkomstig was. Hy arriveer aan die Kaap op 13 Mei 1717 as Matroos aan boord van die skip Velserhoofd. https://www.vocsite.nl/schepen/detail.php?id=11069 Passasiers lys by https://www.nationaalarchief.nl/onderzoeken/index/nt00444?searchTerm=velserhoofd&activeTab=nt_sub_list_legacy ("Velserhoofdt" arrived in CapeTown on 13 May 1717 with Jan van der Heyden as Chief Officer, Nicolaas van Langeveldt as Second Officer and Adrianus van Hoorne as Gunner." Die Skipper was Thieleman Sterling. Die skip van 650 ton, `n Fluit gebou in 1716 te Amsterdam, het Texel in Holland op die 18 November 1716 verlaat met 92 matrose en 31 soldate aan boord. 3 Matrose en 2 soldate het die skip in die Kaap verlaat. 3 Matrose en een soldaat is gedurende die reis (Texel-Kaap-Batavia) oorlede. Die skip verlaat die Kaap op 7 Aug 1717 nadat nog 4 Matrose,2 Soldate en 2 Passasiers aan boord kom. Die skip arriveer in Batavia op 22 Oktober 1717 met 90 Matrose,30 Soldate en 2 Passasiers aan boord.) ( Die rekord toon ook " arrival of Jan Vorster, Skipper of the "Boekenroode"on 27 April 1718" Dieselfde Jan het die Kaap vir die eerste keer besoek as Skipper van die "Limburg" wat die Kaap vanaf Texel op 13 Mei 1710 aandoen, en was Skipper van die "Lokhorst" wat die Kaap vanaf Ceylon aandoen op 5 Maart 1715) Op 16 Julie 1717 maak die "matroos Hans Voster van Bern" en Cornelis Leendert Hutspot, `n Meester Messelaar, `n kontrak waarin Hans vir Cornelis vir `n periode van een jaar sal werk as "messelaarsknecht" teen `n vergoeding van 12 Caroli Gulden en 20 Pfennings per maand. Op 7 Julie 1718 maak die "matroos Hans Vorster van Bern" en Petrus van Aken, " bedienaar der Goddelijke Woordt" `n kontrak waarin Jan "als metselaar" sal werk vir `n periode van een jaar, teen vergoeding van 15 Gulde. Op 6 Junie 1719 word die kontrak hernu vir een jaar.Op 22 Junie is die kontrak voltooi, en Jan getuig dan ook so voor Swellengrebel. Jan was betrokke as messelaar by die bou van die oorspronklike strooidak kerk in die Paarl. In Sept 1720 word hy 100 Riksdalers betaal vir reparasiewerk nadat die noordelike gewel van die kerk inmekaar geval het. Die eerste steen van die kerk is gelê op 6 Sept 1718. Teen 7 April 1720 was die werk al so ver gevorder dat besluit is om die kerk op 2 Junie 1720 te begin gebruik. Die kerkgrootte was 80 voet x 40 voet. Op 22 Junie 1720 maak "Johannes Foster" en Heemraad Schalk Willemz van der Merwe `n kontrak vir een jaar , teen vergoeding van 12 Gulde. Die kontrak word verleng (elke keer vir een jaar) op 3 Junie 1721, 29 Mei 1722 en 24 Mei 1723. In 1723 doen Jan aansoek : "sig met sijn ambagt, synde het metselen,behoorlik as burger te sullen kunnen erleefd(?) ...... en met burgerskap deeser Coloniete begunstigd " (Vol C1088 bls 135) Uit Leibrandt (LM 17) "1723 - Jan Vorster arrived as a sailor in 1717 in the "Velserhoofdt" is a Mason by trade and believes that he will be able to earn a living , asks therefore for Burgher papers. Op 10 Desember 1723 koop Jan Vorster by die vendusie van sy Skoonpa Barend Lubbe die volgende: 1. 1 vaatje met 1 ijzere lamp 0:2:- - 2. 3 zijldoekse zakken met 3 mudde terw 8:- -:- - 3. 1 boter vaatje met wat boter 2:2:- - 4. 2 ossen 40:- -: - - Die totale opbrengs van die vendusie was rd:s2811:0:1/2 MOOC10/3.47 Op 31 Mei 1724 koop Jan Vorster 1. 6 Venster gordijne 2:- 2. 1 Strijkyser en 3 Konfoortjies 1:- Op 2 Junie 1724 koop Jan Vorster op die vendusie van Stijntje Christoffelse Bruijns die volgende: 1. 2 Kopere kandelaars en 2 hangblakers 1:4 2. 1 Thee ketel met 1 Stoel 3:2 Op 12 Junie 1724 koop Jan Vorster op die vendusie van Henrietta Wittebol: 1. 1 Schotel rak 1:5 2. 1 Kisje met beestenvel 1:1 3. 6 Schilderijtjes 0:2 4. 7 Porcelijne tafelborde 0:5 Jan word nie getoon in rol VC41 wat die dienslui van die VOK vir die periodes 1717,1718 en 1719 nie. Die "Monster rolle" van die VOC (VC49 & VC50 , vryeliede aan die Kaap) toon dat Jan en Elisabeth vir die eerste keer gelys word vir die periode 30 April, 1 - 2 Maart 1724 as woonagtig in die Kaap. Hulle word ook getoon vir 1725, 1726, 1727 en vir die laaste keer 30 April, 1 - 3 Maart 1728, in die Kaap. Daarna verdwyn beide en word nie getoon in die Kaap, Stellenbosch of Drakenstein nie. Jan en Elisabeth verskyn ook in die "Opgaaf" rol van die Kaap vir 1725. Daarin besit hulle 1 manlike slaaf, 1 snaphaan en 1 Degen.(A2250) Oorlede ( of gedros?) ongeveer1728 - 1730. (Hierdie datum is `n aanname; want Elizabeth Lubbe het op 1 April 1731 in Tulbagh `n dogter , Elisabeth Bruins gedoop. In die doopregister staan " de vader onbekend") Sy is nie weer getroud nie. Hoekom nie? Die gebruik was tog dat so `n jong vrou weer sou trou - veral omdat sy klein kindertjies gehad het. Die MOOC rekords vir die periode toon geen rekord van Jan nie. As gevolg van sy minderjarige kinders moes daar tog seker iewers `n rekord gewees het indien hy aan die Kaap (waar hy gewoon het op daardie stadium) oorlede is? Daar is natuurlik bespiegeling oor Jan as volg: Jan Vorster het oorspronklike voorbeelde van sy naam, wat geskryf is as volg: Hans Voster 16/7/1717 Indiensnemingskontrak Hans Vorster 7/7/1718 Indiensnemingskontrak Johannis Foster 22/7/1720 Indiensnemingskontrak Jan Vorster 5/4/1722 Doop van Aletta Jan Voster 1723 Burgerskap aansoek Jan Vorst 17/9/1724 Doop van Jan Jan Vorster 1725 Monster rol Jan Voster 1/12/1726 Doop van Barent Hieruit blyk die volgende: 1. Die middelste "r" weglaat. 2. Uit die 8 voorbeelde is net een met 'n "F" gespel en dit sonder 'n umlaut. 3. In die monster rolle van 1724, 1726, 1727 en 1728, wat almal die r weglaat. Die van word gespel: Engels - Foster, Skots - Forster, Duits - Förster, Switsers - Vorster. Dit is baie interresant dat sy besonderhede in die Nederlandse Nationale Argiewe met sy vaart op die Velserhoofd gegee is as Hans Voster uit Bern. Die volgende is besonderhede oor hom: Information concerning Hans Voster from Bern Date of commencement of employment: 18-11-1716 Date of termination of employment: 16-07-1717 Occupation at commencement of employment: Ship gunner Reason for terminating employment: Free citizen Sailed away with the ship: Velserhoofd Where ended tenure of service: Cape of Good Hope Month certificate: No Debenture: Yes Information concerning the voyage Ship: Velserhoofd Departure: 18-11-1716 Chamber: Amsterdam Cape: 13-05-1717 07-08-1717 Inventory number: 5691 Folio: 43 Arrival: 22-10-1717 Batavia DAS- and voyage no.: 2289.1 In die Switserse geskiedenis is talle voorbeelde van Vorsters. Een van die bekendstes is Pankraz Vorster 1753-1829. Die hededaagse Switserse telefoon gidse wys heelwat Vorsters, selfs 'n Jan. In Schaffhausen JH Vorster *1944 in 2014 vir Hans Maria Vorster besoek. Hy is/was 'n geneoloog wat talle boeke oor Vorster stamboom geskryf het; terug tot 13e eeu (ek het hulle deurgeblaai). Ons kon egter nie 'n konneksie met 'ons' Jan kry nie. In Diessenhofen, Thurgau, waar eens baie Vorsters was, kon ek geen grafstene kry nie, want grafte word al baie jare lank elke 30 jaar hergebruik. | Vorster, Jan (I1)
|
| 1927 | In die trouregister van Tulbagh staan: " 3 April 1746 trou Barend Vorster van Cabo de Goede Hoop, burger van een afgelegene Buite Distrik ,met Dorothea Maria Smit, Jongedogter van Cabo de Goede Hoop " Die volgende inligting rakende Barend en van sy familie se besittings kom uit die "opneemrolle" vir die Drakenstein gebied: (Opgaafrolle J196 & J200,J201,J204,J205,J206,J216,J219,J220,J221,J222,in die Kaapse Argief.) 1April - 2 Mei 1749 : Barent Voster & Dorothea Smidt : 1 Seun , 1 Perd ,1 Snaphaan 1 Pistool 1 Degen Alewyn Smit & Hester Bekker : 9 Seuns, 1 Dogter, 3 slawe,1 slavin,5perde,130 beeste , 150 skape,8 mud gesaai en 20 gewonne, 1 snaphaan,1 pistool, 1 degen. 1 April - 2 Mei 1750 : Barend se posisie is onveranderd. 1 April - 2 Mei 1751 : Barent & Dorothea - 2 Seuns , verder dieselfde Barend Lubbe (b12) & Martha Burger: 4 seuns, 3 dogters,2 slawe,1 perd,50 beeste, 250 skaap,2 mud gesaai en 10 gewonne. 1 snaphaan,1 pistool,1 degen. Pieter Gous & Aletta Vorster: 1 dogter, 30 beeste,100 skape 1snaphaan,1pistool, 1 degen. 1 April - 2 Mei 1759: Barend & Dorothea: 4 seuns, 2 dogters,1 slaaf,1 perd, 15 beeste. Barend Lubbe & Martha Burger: 5 seuns, 5 dogters, 2 slawe,11 perde,225 beeste, 310 skape 3 mud koring gesaai en 15 geoes, wapens dieselfde. Pieter Gous & Aletta: 2 seuns, 2 dogters,1 perd,7 beeste, 200 skaap,wapens dieselfde. 1 April - 2 Mei 1760: Barend & Dorothea: 4 seuns, 2 dogters,1 slaaf,1 perd, 40 beeste, wapens dieselfde. Barend Lubbe & Martha: 5 seuns, 5 dogters, 2 slawe, 12 perde, 150beeste, 400 skaap , wapens dieselfde. Barend Frederik Lubbe (b12c2) & Maria Keyser: 5 perde, 30 beeste,100 skape, 1 snaphaan, 1 pistool, 1 degen. Pieter Gous & Aletta: 2 seuns, 2 dogters,1 perd, 50 beeste, 100 skaap,wapens dieselfde. 1768 - 6 seuns,2 dogters,2 slawe, 40 beeste en 350 skape. 1772 - 6 seuns, 3 dogters,1 perd, 36 beeste, 400 skape. 1773 - 6 seuns, 2 dogters,1 perd, 10 beeste en 600 skape. 1774 - 4 seuns,2 dogters,1 slaaf, 1 perd,, 50 beeste en 600 skape. 1776 - 4 seuns, 2 dogters, 1 slaaf, 1 perd, 60 beeste en 700 skape. 1788 - 4 seuns, 2 slawe, 6 perde. 1792 - 1 vrou,1 perd en sy wapens. 1793 - 1 vrou, 1 perd en sy wapens. Barend Vorster is oorlede tussen Mei 1793 en 29 Mei 1794. Sy vrou Dorothea leef nog in Mei 1797. Dit wil voorkom of Barend vir `n geruime tyd in diens van Alewyn Smit was. 1750 - Barend vra op 3 April 1750 vir die huurpag op "de Plaats Tygercloof , over de Vier en Twintig riviere". Hernu die Huurpag op 28 Maart 1752, op 17 April 1753 ,op 23 April 1755 en op 3 April 1756 weer. Op 28 Feb. 1756 betaal hy vir 3 jaar se besetting Rks.72. (RLR12/2No317 1761 - Barend vra die huurpag op " de plaats Pietersklip over de Vier en Twintigriviere op 2 Maart 1761 synde de verlate plaats van Erasmus Smit." Hernu op 29 April 1762 tot 2 Maart 1763 . Op 23 Feb.1763 gee Mathys Taute , as lashebbende van Barend Vorster kennis dat hy die plaas verlaat. (RLR 16/2 No 271) Matthias Taute was getroud (20.3.1748) met Elisabeth Bruins Lubbe , onegte dogter van Elisabeth Lubbe (Wed. Vorster) en halfsuster van Barend. 1762 - Barend vra die huurpag op "de plaats Cardouw, over de Vier en Twintig riviere,de verlate plaats van Jacobus Gildenhuys " op 23 Aug. 1762 (RLR 17/2No197) 1763 - Matthias Taute verlaat Pietersklip. 1763 - "Barend Vorster asks for the Freehold of the cattle farm Tygercloof situated at the 24 rivers occupied by him on loan for several years.Offers to pay the annual recognition of Rds. 24 , and a purchase amount of Rds. 60 (Diagram attached) (LeibrandtLM 17 bls. 1136A) "Den 13 Oct. 1763 is bostaande plaats in eigendom geneem(Met Diagram) ( RLR12/2 Stellenbosch No 317) Op die Diagram word die ligging van die plaas gegee as "Zuid na die plaats van Daniel Keyser, Wes na de Heunige Berg, Noord na de Coopmans Craal, Oost na het hoge gebergte". Die akteskantoor sê egter Zuid na Paul Keyser.Paul Keyser was getroud met Aletta Lubbe, ouer suster van Elisabeth Lubbe. Barend kry sy kaart en transport op 15 Des. 1763. Kopie van Akteskantoor aangeheg. Die plaas is tans bekend as Tigerkloof 164, Piketberg en behoort aan Willem van der Merwe. Die oorspronklike huis word nog bewoon deur Willem maar is natuurlik heelwat verander. 1769 - Matthias Taute gee kennis namens Barend Vorster dat hy die plaas Cardouw verlaat op 9 Sept. 1769. 1773 - Matthias Taute oorlede op 23 Nov. 1773. 1779 - Barend verkoop Tigercloof op 17 Maart 1779 aan Frederik Liebenberg (T5159) 1779 - Barend vra die huurpag op "de Wagenboomrivier gelee int bockeveld, synde de verlate plaats van Jacoba Elisabeth Lubbe" op 17 Maart 1779.(RLR 40) 1780 - Barend vra op 4 Maart 1780 vir die huurpag op "Coornlands Cloof gelegen aande zyde van de Olifants Rivier" en kry dit op 17 Aug. 1780 (RLR 26,No 101) 1786 - Barend vra die huurpag op "de Kleyne Vally over de Olifantsrivier" op 3 Feb1786 (RLR34/2 No 283) 1786 - Barend vra die huurpag op "de Kruintje (Ruintje?) gelee int koude Bokkeveld"in 1786 (RLR40) Die plaas is tans bekend as Keunje 56 1790 - Barend verlaat Kleyne Vally op 23 Maart 1790. 1790 - Alwyn Jacobus Vorster (b3c2) vra die huurpag op die plaas Kleyne Vally in 1790 (RLR 40) 1795 - By`n Heemrade vergadering gehou vanaf 8 Mei 1795 tot Saterdag 9 Mei 1795 te Graaff Reinet word rapporteer dat" Alewyn Jacobus Vorster van de Groene Vally is tans woonagtig aan het Holifantsbad op een plaas van Barend Vorster de Oude, sy vader wat oorlede is" ( Is dit die buitepos "`t Warme Bad" by die Olifantsrivier geleë op die plaas The Baths sowat 5km Suid van Kleinvalley? ) Pieter Gous wat getroud was met Barend se suster Aletta, het reeds in 1743 aansoek gedoen vir weidings regte op die plaas "de Kleine Valley,gelee over de Olifantsrivier" (RLR43/2 bls214) In 1755 doen hy aansoek vir die plaas Brackefontein wat hy in 1784 (of 1786) verlaat. Hierdie plase lê almal op `n kol wat te sien is op die 1:250 000 Kaart 3218 Clanwilliam by 33 grade 50 min Suid en 19 grade 03 min Oos. Barend se doodsdatum is nie bekend nie - die doodsregister van Tulbagh vir die periode 1793 tot 1816 is skynbaar weg of verlore. Die begraafplaas op Kleine Valley is vol gras en verwaarloos. Daar is baie ou grafte,maar geen name is te lese op die ou grafte nie. Daar is baie Burgers begrawe. | Vorster, Barend (I4)
|
| 1928 | In Middelburg konsentrasiekamp oorlede saam met al haar kinders. oa Willem Johannes Jordaan | Vorster, Hester Petronella Muller (I568)
|
| 1929 | Info from Quintus Vorster | Barnard, Monica (I20243)
|
| 1930 | Information supplied by Skye Taljaard, daughter of Harriet. | Family: Arthur John Vorster / Harriet Getrude Bulloch (F10922)
|
| 1931 | Inligting rakende Johannes Jacobus Vorster (I4851) 1886 - 1955 – Wat gehelp bou het aan die NG Kerk Brixton. Johannes Jacobus Vorster 1944 – 2003 het voor sy dood ‘n boek begin skryf en daarin het hy vertel hoe hy en sy Oupa graag in die middag gaan kyk het hoe die kerk bouery vorder. Een middag het daar blykbaar ‘n kwaai oom met ‘n swartpak aangekom en die trappe na die gallery stukkend gestamp het terwyl hul gebou het, moes later uitvind dit wat Gerhard Moerdyk homself en dat die kontraktuur ook blykbaar ‘n mondvol gekry het omrede die sement nie in die korrekte verhouding aangemaak is nie en hulle moes toe ook blykbaar die trappe oorbou. My oupa grootjie het blykbaar sy huis as waarborg op gesit om die kerk te bou. Hy het later so siek geword dat hy nie meer kon kerk toe gaan nie. Hy wou so graag die inhulding van die orrel by wees maar is toe dood voor hy dit kon hoor, die orrel mense het toe blits vinnig die orrel kaar gemaak en dit is die eerste keer in die kerk gespeel met my Oupa Grootjie se begrafnis. Dit is nogal spesiaal en die rede dat ek die notas gelaai het. Anna Cecilia Vorster S1399 | Vorster, Johannes Jacobus (I4851)
|
| 1932 | Is begrawe in die begraafplaas op Lady Grey. | Vorster, Schalk Willem (I479)
|
| 1933 | Is nie seker of dit hy is wat dood is nie - Die doodsregister lees: Overleden Barend Jacobus Vorster op 17 April 1808 18 jaar oud. | Vorster, Barend Jacobus (I187)
|
| 1934 | Is nie seker of dit wel hy is wat oorlede is nie. Die Tulbagh doodsregisterse slegs " oorlede een zoon van Alewijn Vorster" | Vorster, Barend Johannes (I174)
|
| 1935 | It is from Nederland there is came from the word "Zeil" that means sail. The familie made sail for ships there for ZEILINGA | Zeilinga, Abraham Dirk (I17396)
|
| 1936 | Izak Cornelius Vorster en Barendina Jacoba Johanna Vorster was getuies. | Vorster, Karel Jacobus (I22753)
|
| 1937 | J A Vorster getuie | Vorster, Cornelia Johanna (I21364)
|
| 1938 | J A Vorster getuie | Family: David Godfrey Francis / Susanna Catharina Vorster (F4914)
|
| 1939 | J J Vorster en JWJ Minnie was getuies. | Family: Barend Johannes Vorster / Carolina Suzina van Heerden (F8695)
|
| 1940 | J715 | Jordaan, Elisabeth Maria Stoffelina (I10784)
|
| 1941 | Jac Adr Vorster en GW Vorster getuies | Vorster, Johanna Wilhelmina (I11077)
|
| 1942 | Jac Adr Vorster en Maria Cath. Reynders was getuies 80236 | Vorster, Jacobus Adriaan (I2291)
|
| 1943 | JAC Vorster was getuie by die troue | Family: Christiaan Johannes Vorster / Susanna Elizabeth Magrietha Conradie (F10190)
|
| 1944 | Jac. Adr. Vorster en A C Robbertze was getuies. | Vorster, Jacobus Adriaan (I2301)
|
| 1945 | Jac. Adr. Vorster en Anna Cecilia Robbertze was getuies. | Vorster, Anna Cecilia (I2300)
|
| 1946 | Jacobus Johannes van Pletzen , Johannes Jacobus Vorster en Johanna Aletta Vorster was doopgetuies. | Vorster, Anna Susanna (I22757)
|
| 1947 | Jacobus Meintjies ? | Vorster, Burgert Meintjes (I1047)
|
| 1948 | Jacobus Vorster getuie | Vorster, Johannes Lodewikus (I21710)
|
| 1949 | James Edwards en Elsje Johanna Vorster was getuies | Vorster, Elsje Johanna (I852)
|
| 1950 | Jan A dogter | Gouws, Elizabet Margaretha Johanna Sophia (I15392)
|
We make every effort to document our research. If you have something you would like to add, please contact us.