The Vorster's and family History

Your Family's Journey Through Time

Documents

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 ... 172» Next»

Loading...



Die Vorster familiewapen wat hier geïllustreer word, kom vanaf Cor Pama se boek, Die Groot Afrikaanse Familienaam boek.
Die betekenis van Vorster, is bosbouer. Die huidige familie wapen van Vorster is 'n toespeling op die betekenis van die van. Die wapen was in 1945 herontwerp tot soos dit vandag lyk. Die wapen bestaan uit 'n eike takkie met een akker en twee blare van groen in 'n goue agtergrond. Langs laasgenoemde is 'n Franse lelie van goud in 'n
roesrooi agtergrond. Onder, met 'n silwer agtergrond, 'n groen boom op grasgrond en 'n roesrooi springende hert voor die boom. Bokant die silwer helmteken is 'n uitkomende rooi hert. Die dekklede is rooi en goud.
Daar word ook reeds in 1361 in St. Gallen, Duitsland genoem van 'n Vorster wapen wat 'n variasie van groen, swart en pers was met 'n opstaande silwer agtige beer. Dan is daar ook in 1275 gedokumenteer in Thurgau, Duitsland, van 'n wapen wat bestaan het uit 'n silwer agtige swart opstaande beer. Laasgenoemdes was nie noodsaaklik 'n familie wapen nie maar moontlik as identifikasie gebruik tussen verskillende stamme.
Die huidige embleem skep die indruk van Vorster se afkoms vanaf 'n bosbouer.


Owner of originalJan Adriaan Vorster *1961
File namevorster_cutout_large.gif
File Size174.13k
Dimensions546 x 756

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 ... 172» Next»





Contact Us

  • Contact Us
  • vorster.net@gmail.com
  • vorster.net/genealogie

Webmaster Message

For updates use the 'Suggest' or 'Submit Photo/Doc' link on the relevant page of the person.